top of page
Mense wat skryfkursus bywoon

Skryfkursus

Het jy al ooit 'n skryfkursus bygewoon of 'n boek oor skryfkuns gelees, baie opgewonde begin skryf, en dan besef jy weet nie hoe om dit wat jy geleer het toe te pas nie? Of dalk droom jy daarvan om 'n roman te skryf, maar weet nie waar om te begin of hoe om klaar te maak nie?

 

My skryfkursus is ontwikkel om jou die basiese boublokke van 'n goeie storie op 'n praktiese manier te leer. Jy hoef nie 'n storie of manuskrip gereed te hê nie; jy sal in die eerste maand 'n idee vir jou roman kry en begin skryf. Indien jy wel 'n manuskrip het, sal hierdie kursus jou help om stap-vir-stap deur jou storie te werk en dit te versterk.

Wat kan jy van die kursus verwag?

Die kursus het twaalf modules en strek oor ses maande. Elke module fokus op 'n ander aspek van 'n goeie roman. Aan die einde van elke module doen jy 'n skryfoefening waarop jy terugvoer kry. Ons maak dus seker jy verstaan hoe om dit wat jy leer in jou eie werk toe te pas. Behalwe vir die skryfoefeninge sal jy ook gedurende die kursus aan jou eie roman werk (een van die redes waarom die kursus oor ses maande strek). Madri sal jou mentor, op koers hou en terugvoer gee op jou roman.

​

Hierdie skryfkursus sal jou leer:

  • hoe om jou storie te begin: idees, inspirasie en 'n skryfroetine;

  • hoe om 'n genre te kies waarin jy gemaklik is; 

  • hoe om sterk karakters te ontwikkel waarmee lesers identifiseer;

  • hoe om die regte perspektief en verteller te gebruik;

  • hoe om jou leser se aandag te hou deur diep perspektief;

  • hoe om 'n stewige intrige op te bou en spanning te skep;

  • hoe om daardie sinkende, vervelige middel van die verhaal te vermy;

  • hoe om ruimte maksimaal te benut;

  • hoe om te wys eerder as om te vertel; 

  • hoe om goeie dialoog te skryf;

  • hoe om 'n bevredigende slot te skryf; en

  • hoe om jou manuskrip af te rond en voor te berei vir voorlegging aan 'n uitgewer.

​

​

Teken dit solank aan in jou dagboek; die volgende kursus begin op

6 Februarie 2024

Wat sluit die kursus in?

Leermateriaal, ondersteuning, terugvoer en gemeenskap

Leermateriaal

Spandeer 'n uur of wat hieraan

Ontvang elke twee weke toegang tot 'n nuwe kursusmodule. Dit sluit video's, kursusnotas, ekstra hulpbronne en vingeroefeninge in. 

Jy behoort nie meer as twee ure per week hieraan te spandeer nie (dit sluit jou weeklikse skryfoefening in). Maar jy moet wel gedurende die kursus aan jou manuskrip werk.

Terugvoer

Persoonlike aandag

Deel jou skryfoefening met Madri en die groep en kry elke twee weke terugvoer daarop. 

Aan die einde van die kursus gee Madri terugvoer op die eerste drie hoofstukke van jou manuskrip (ter waarde van R1 500). 

Bespreek jou manuskrip en skryfplan met Madri in 'n aanlyn konsultasie (ter waarde van R750).

Kry 20% afslag indien jy na die kursus verdere manuskripontwikkeling wil doen.

Ondersteuning

24/7 Ondersteuning

Skakel in by aanlyn sessies:

  • Gesels saam: bespreek modules, vra vrae en deel skryfopdragte met die groep (2x per maand)

  • Skryf saam: skryf stil saam met die Ink in my pen-klublede (opsioneel / elke Donderdag)

  • Boekklub: skakel in by die aanlyn kuier saam met die skrywer van die maand (opsioneel / 1x per maand)

Gemeenskap

Aanmoediging en kameradie

Skakel in by die kursus se whatsapp-groep en Ink in my pen-kletskamer sodat jy enige tyd met deelnemers kan gesels. Gedurende die kursus is jy ook deel van die Ink in my pen-boekklub.

Kies 'n skryfmaat sodat julle mekaar kan ondersteun; lees mekaar se werk, gee konstruktiewe terugvoer en hou mekaar gemotiveerd. 

Wat kos die kursus?

Betaal R6 000 eenmalig of R1 200 per maand vir ses maande

Vrou wat skryf in notaboek

“Die skryfkursus wat ek by Madri gedoen het, het gelei tot twee gepubliseerde boeke (beide benoem vir 'n ATKV Veertjie vir Liefdesverhale).”

Marie Spruyt

(Droomboom, Stillewe)

Word deel van die Ink in my pen-klub

Die Ink in my pen-klub is 'n ruimte waar jy gereeld kan skryf en leer. Lede van die klub kry toegang tot aanlyn kuiers met skrywers, webinare en skryfhulpbronne. Hulle het 'n kletskamer om mekaar te ondersteun, deel skryfwerk met mekaar, het toegang tot aanlyn skryfsessies en publiseer ook hul stories op die Ink in my pen-webwerf. 

bottom of page