top of page
Meisie wat in notaboek skryf

Ondersteuning vir skrywers

Ons help onervare skrywers om hul stem te vind, tegnieke te verbeter en manuskrip te ontwikkel sodat hulle makliker kan publiseer. 

Ontmoet die Ink in my pen-span

Waarmee kan ons jou help?

Vind jou stem en die genre waarin jy gemaklik is

Leer nuwe skryftegnieke  

Laat jou storie uitstaan bo die kompetisie

Kry konstruktiewe terugvoer op jou werk

Tem jou vrese, hou op uitstel en stel haalbare mikpunte 

Vrou wat storie skryf

Ink in my pen is 'n ruimte waar skrywers kan leer, groei en gedy binne 'n skrywersgemeenskap. Jy het ink in jou pen; laat die woorde vloei. 

henriette_linde-loubser (1).jpg

Henriëtte Linde-Loubser (Plek van poue)

Madri het my geleer om in my vermoëns te glo, om nie op te gee nie en om onder druk te skryf. Sy bied sonderlinge raad, geduldige leiding en uitmuntende mentorskap.
Constant van der Merwe_edited.jpg

Constant van der Merwe (Mussolini se kaart)

“Madri is 'n uitstekende manuskripontwikkelaar met tonne ondervinding en die gawe om tegelyk aan te moedig en 'n manuskrip te verbeter. Sy het my skrywersloopbaan 'n nuwe asem gegee nadat ek eintlik my pen al weggepak het.”
​
Morne_Malan.jpg

Morné Malan

(Wildekus)

Madri is 'n gebore boekdokter. As dit nie vir haar uitsonderlike oog, hart en vaardigheid met 'n manuskrip soos Wildekus was nie, het my boekskrywery moontlik net daar geëindig.
bottom of page