top of page

Ink in my pen-klub

Waar skrywers die ondersteuning kry wat hulle nodig het om te skryf, te groei en te publiseer.

Aanlyn skryfgroep deelnemer

Wanneer jy 'n skryfkursus doen, ontwikkel jy jou skryfkuns, kry aanmoediging en ondersteuning, en help sperdatums om jou gefokus te hou. Maar ná die kursus is dit moeilik om jouself op koers te hou. Skielik kom jy agter daar is soveel meer van die skryfproses wat jy nog moet leer. En wat van publikasie en bemarking? Die vrees kruip in, jou onsekerheid neem toe, jy stel uit en voor jy jy kom kry hou jy op met skryf. Wat jy nodig het, is 'n ondersteuningsgroep. Die Ink in my pen-klub is 'n veilige ruimte waar skrywers die ondersteuning kry wat hulle nodig het om te skryf, te groei en suksesvol te publiseer. 

​

Lees op die blog onder Storietyd klublede se kortverhale.

​

​

Hands

Wat kry jy as klublid?

  • Toegang tot die Ink in my pen-skryfkursus (kursusnotas en videos ter waarde van R6 000 word oor 3 maande vrygestel).​​

  • 'n Leer saam-sessie (elke tweede Maandag om 19:00) waarin Madri jou help met die tegniese aspekte van skryf, genres, struktuur, publikasie, bemarking en meer. Vra in hierdie sessie raad as jy sukkel of vashaak met jou storie.

  • 'n Oefen saam-sessie (elke Dinsdag om 20:00) waarin jy 'n aansporing kry, 'n kort storie skryf en dit dan met die groep deel. Hier skuif jy jou eie grense en probeer nuwe dinge.

  • 'n Skryf saam-sessie (elke Donderdag om 20:00) sodat jy geen verskoning het om nie te skryf nie; jy werk in stilte aanlyn saam met ander deelnemers.

  • 'n Lees saam-sessie (elke laaste Maandag van die maand om 20:00) wat die boekklub van Ink in my pen is; lees en bespreek 'n roman, memoir of boek oor die skryfkuns.

  • Toegang tot webinare en aanlyngesprekke met skrywers sodat jy jou eie skryfkuns kan verbeter.

  • Toegang tot 'n forum waar jy hulpbronne en nuus met klublede deel, vrae oor die skryfproses vra en terugvoer op jou skryfwerk kry.

  • Hulp om haalbare mikpunte te skep en jouself gemotiveerd te hou.

  • Raad oor publikasie en jou outeursplatform.

  • Maandelikse terugvoer op jou skryfwerk.

  • Stuur jou kortverhale in vir 'n geleentheid om op die Ink in my pen-blog gepubliseer te word. 

  • 20 % afslag indien jy manuskripontwikkeling saam met Madri wil doen (dit sluit 'n lesersverslag en 'n aanlyn konsultasie in).

​

Wat kos jou lidmaatskap?

Lidmaatskap kos R2 000 per maand. Sluit aan vir 'n minimum van twee maande, daarna kan jy enige tyd jou lidmaatskap kanselleer. 

​

Waarvoor wag jy? 

 

​

​

​

​

​

​

Nog nie seker nie? Kyk gerus wat sê ander klublede. 

​

Best Value

Ink in my pen-klub (een maand)

ZAR 2,000

2,000

Dit gee jou toegang vir 'n maand

Elana Brand

“Madri het die vermoë om die goud uit jou skryfwerk te haal en jou dan aan te moedig om daarop te bou. Sonder haar sou ek nooit my potensiaal kon bereik nie."

Carla Pattison

“As jy wil skryf, kry die regte ink in jou pen. Die skryfgroep is 'n wonderlike plek van ondersteuning, bemoediging en 'cheerleaders'. Verdere ontwikkeling en die skuif van grense in jou skryfwerk is van die redes waarom ek dit so geniet.”

Marinda Roos

Ons deel wenke, grappe, idees, onderwerpe, lag, vertroue, bekommernisse en talente. Ons bou en ondersteun mekaar. Sonder die skryfgroep sou ek nooit my manuskrip kon klaarmaak of instuur nie.
bottom of page